Top 10 similar words or synonyms for hamlets

hackney    0.826218

islington    0.808073

camden    0.782556

shoreditch    0.776806

holborn    0.774213

wiltshire    0.765471

highgate    0.763175

newham    0.763109

borough    0.758468

brighton    0.752350

Top 30 analogous words or synonyms for hamlets

Article Example
London Borough of Tower Hamlets Die London Borough of Tower Hamlets () is een van Londen se administratiewe distrikte ("boroughs") wat oos van die historiese middestad, die "City of London", suid van Hackney, wes van die River Lea en Newham en noord van die Teemsrivier geleë is, met 'n bevolking van 284 000 teen die middel van 2014.
London Borough of Tower Hamlets Die werfte langs die Teemsrivier was baie dekades lank die ekonomiese ruggraat van die gebied. So het die skeepsboubedryf hier tot in die laaste dekade van die 19de eeu gefloreer. Isambard Kingdom Brunel se baanbrekende stoomskip het in 1859 in Millwall van stapel geloop - as die laaste groot oseaanskip wat in 'n Teemswerf gebou is. 'n Netwerk van paaie en waterweë het Oos-Londen se dokke met die industriële spilpunte van Noord-Engeland verbind, waaronder kanale soos die Regent's Canal en Grand Union Canal. Tans het die kanale 'n nuwe funksie as ontspanningsgeriewe vir bootentoesiaste.
London Borough of Tower Hamlets Die verwoestings, wat deur Duitse bomaanvalle gedurende die Tweede Wêreldoorlog gesaai is, het die aanleiding gegee vir die eerste fase van stedelike hernuwing waartydens hoofsaaklik sosiale behuisingsprojekte verwesenlik is. Die sluiting van dokke en skeepswerwe vanaf die laat 1960's was die beginpunt vir 'n tweede fase van herontwikkeling waarin privaat eiendomsbeleggers 'n leidende rol gespeel het.
London Borough of Tower Hamlets Die distrik se bevolking word deur een van die hoogste persentasies etniese minderhede in die Britse hoofstad gekenmerk en veral verbind met sy lank gevestigde Britse Bangladesji-gemeenskap. Rondom Brick Lane het restaurante, straatmarkte en winkels ontstaan wat die grootste verskeidenheid van tradisionele Bengali-kookkuns, houtsnykuns, tapyte en klere in Europa aanbied.
London Borough of Tower Hamlets In die tagtigerjare het gebiede soos Canary Wharf en die Isle of Dogs sentraal gestaan in die stedelike hernuwing van Londen se Docklands. Die St. Katharine's Docks naby die Tower of London, wat uit die 1820's gedateer het, is sedert 1968 herontwikkel. 'n Verskeidenheid bouprojekte het nuwe lewe in die buurt geblaas, waaronder 'n hotel, 'n handelsentrum, woonstelgeboue en 'n bootshawe. Vanaf die laat 20ste eeu het steeds meer uitgewerye en drukkerye hulle in die distrik gevestig, waaronder tradisionele ondernemings wat oorspronklik in Fleet Street in die City of London gesetel was.