Top 10 similar words or synonyms for highgate

hackney    0.798912

shoreditch    0.775087

hamlets    0.763176

bunhill    0.759989

euston    0.759348

fonthill    0.756713

coleraine    0.756639

newham    0.754757

waltham    0.754200

sherbrooke    0.747572

Top 30 analogous words or synonyms for highgate

Article Example
Highgate Dit is juis sy aantreklike ligging en rustige dorpskarakter wat van Highgate een van die duurste voorstede in die Britse hoofstad gemaak het. Die dorpsgebied in sy sentrum word deur geboue in die Georgiaanse styl oorheers, waaronder winkels, kroeë, restourante en woonstrate, met 'n verskeidenheid bekende bakens en historiese monumente soos St Michael's-kerk met sy kenmerkende toring, St. Joseph's-kerk met sy groen koperkoepel, Highgate School wat van 1565 dateer, die Jacksons Lane-kunssentrum wat in 'n vroeëre kerkgebou gehuisves word, die kroeg "Gatehouse Inn" van 1670 en Berthold Lubetkin se baanbrekende moderne Highpoint-woonstelblokke, 'n uitstekende voorbeeld van Internasionale Styl-boukuns.
Highgate Highgate [ˈhaɪɡeɪt] of [ˈhaɪɡɨt] is 'n voorstad in Noord-Londen wat by die noordwestelike hoek van Hampstead Heath geleë is, 7,2 km noord-noordwes van Charing Cross.
Highgate Nog tot in die laat Victoriaanse tydperk was Highgate 'n dorp wat buite Londen langs die hoofpad na die noorde geleë was. Die nedersetting het steeds 'n sterk landelike karakter en is temidde van uitgestrekte groen ruimtes geleë, waaronder die oostelike deel van Hampstead Heath, drie ou bosgebiede, Waterlow Park en die hellings wat as die "Highgate bowl" bekendstaan. 'n Sterk plaaslike omgewingsliggaam, die "Highgate Society", beywer hom vir die bewaring van Highgate se karakter.
Highgate-begraafplaas In 1975 het belangstellende vrywilligers in 'n vereniging saamgesluit om die begraafplaas van algehele verwaarlosing te red. Tans het die vredehof, wat in 'n westelike en oostelike afdeling verdeel word, de facto die status van 'n natuurreservaat en word dit in die "National Register of Historic Parks and Gardens" gelys.
Highgate-begraafplaas Sowat 170 000 oorledenes het hul laaste rusplek in 'n geskatte 53 000 grafte op die Highgate-begraafplaas gevind, waaronder bekende persoonlikhede soos Karl Marx. In die 1970's is die begraafplaas byna aan verval prysgegee nadat die privaat eienaars dit nie meer winsgewend kon bedryf nie. Plantegroei is nie meer beheer nie, en vandale het verwoesting gesaai.