Top 10 similar words or synonyms for borough

boroughs    0.825742

islington    0.816496

camden    0.811483

hackney    0.800005

city    0.791029

county    0.788586

parish    0.773284

london    0.769726

surrey    0.764916

hamlets    0.758468

Top 30 analogous words or synonyms for borough

Article Example
London Borough of Barnet Barnet (amptelik in Engels as die "London Borough of Barnet") is 'n distrik ("borough") in die noorde van Groter-Londen, Engeland. Volgens die 2011-sensus het die distrik 'n bevolking van 356 400 gehad. Bekend vir sy Joodse geskiedenis, in 2011 was 14,8 persent van Barnet se bevolking Joods; meer as enige ander plek in die Verenigde Koninkryk. Dit grens aan die graafskap Hertfordshire in die noorde en vyf ander Londen-distrikte in die ooste, suide en weste.
London Borough of Hackney Daar is uitgebreide groen ruimtes soos Hackney Marshes, Hackney Downs, Clissold Park, Springfield Park, London Fields en Millfields, terwyl ook die historiese Grand Union Canal deur die distrik loop. Sy gerieflike historiese behuising, sy ligging in die tans vooruitstrewende, maar vroeër minder aantreklike East End van Londen en die nabyheid van die middestad het van Hackney tradisioneel 'n gewilde vestigingsgebied vir opeenvolgende golwe van immigrante gemaak. Etniese minderhede verteenwoordig tans 'n derde van Hackney se bevolking, waaronder 'n groot gemeenskap Afro-Karibiërs. Stamford Hill is 'n tradisionele woonplek van ortodokse Jode.
London Borough of Hackney Die huidige stadsdistrik is in 1965 met die samesmelting van drie vroeëre metropolitaanse distrikte ("metropolitan boroughs") geskep - Shoreditch, Hackney en Stoke Newington. Dit sluit historiese nedersettings en stadsbuurte soos (van noord na suid) Stoke Newington, Upper Clapton, Lea Bridge, Lower Clapton, Dalston, Homerton, Hackney Wick, Hackney, Kingsland, Haggerston, Hoxton en Shoreditch in.
London Borough of Hackney Shoreditch, 'n stadsdeel wat digby die "City of London" geleë is, het baie kenmerke van 'n besigheidsdistrik, terwyl die res van Hackney sterk residensiële karakter het, met enkele nywerheidsgebiede soos dié langs die Lea Valley.
London Borough of Hackney Hackney is 'n binnestedelike distrik van Groter Londen. Dit is noordoos van die "City of London" geleë en word deur die "London Boroughs" of distrikte Tower Hamlets in die suide, Islington in die weste (by Southgate Road), Haringey in die noorde en Newham in die suidooste begrens. Die River Lea vorm die oostelike distriksgrens met Waltham Forest. Die rivierloop was ook die historiese grens tussen die graafskappe Middlesex en Essex.